Ons moet baie beter voorberei op klimaatsverandering

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap waarsku Afrikanasies om beter te beplan vir klimaatsverandering. Die streek sal na verwagting in komende dekades hoër land- en see-oppervlak-temperature beleef wat reënval, wind en die tyd en intensiteit van weerstoestande sal beïnvloed. Die gemeenskap se uitvoerende sekretaris, Elias Magosi, sê die toenemende voorkoms van oorstromings, siklone en droogtes kan infrastruktuur beskadig, oeste vernietig, lewensomstandighede ontwrig en tot lewensverlies lei: