Ons is nie arm, sê Stad Windhoek

Die Stad Windhoek het ‘n mediaverklaring uitegreik  in reaksie op ‘n koerantopskrif-artikel wat sê “Windhoek is te arm om gedienste grond te lewer”. Die Stad sê die opskrif is misleidend en het ‘n skadelike bedoeling. Die opskrif veronderstel die stad sukkel finansieel, maar die kontekstualisering is ooglopend strydig met die werklikheid. Ten slotte sê die Stad dit is van kardinale belang om te beklemtoon dat die insinuasie verkeerd is, aangesien die uitdagings om gedienste grond te verskaf kompleks en veelvlakkig is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad Windhoek.