Ons het nie ons beste krieket gespeel nie – Laura Wolvaardt

Die kaptein van die Proteas, Laura Wolvaardt, erken Nieu-Seeland was beter as hulle in die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue in Dubai. Die Kiwi’s het met 32 lopies gewen, en Suid-Afrika ‘n tweede agtereenvolgende loesing in ‘n eindstryd toegedien. Nieu-Seeland het 158 vir vyf in hulle 20 boulbeurte aangeteken en die Proteas daarna beperk tot 126 vir nege. Wolvaardt sê hulle het nie hulle beste krieket gespeel teen ‘n teenstander van gehalte nie: