Ons herdenk die allerbelangrike heuningby op 20 Mei
Wêreld-byedag word op 20 Mei gevier. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame voedsel. Onbehoorlike gebruik van plaagdoders hou egter ernstige bedreigings vir bestuiwers in deur hul toegang tot voedsel en nesplekke te verminder, hulle aan skadelike chemikalieë bloot te stel en hul immuunstelsels te verswak. Wêreld-byedag 2023 vra vir wêreldwye optrede om bestuiwer-vriendelike landbouproduksie te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Eugene Pieters, ‘n byeboer van die Byeboerderyvereniging van Namibië, gesels.