‘Ons doen wat ons kan met die bronne wat ons het’

Pasiënte wat van die Katutura-staatshospitaal na tente verskuif is, kla op sosiale media dat die tente onvoldoende is vir pasiëntesorg. Dit het groot verontwaardigheid ontlok en die publiek eis dat pasiënte onmiddellik na ander gesondheidsfasiliteite verskuif word, totdat opknappings by die hospitaal voltooi is. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat die verhuising na tente tydelik is, en hulle benut die hulpbronne wat hulle beskikbaar het.