Ons berei hard voor vir EU-reëls maar hoop steeds op uitstel

Daar is steeds kommer oor die nuwe EU-regulasies rakende ontwouding. Die regulasies raak onder meer vleis, huide en houtskool en kan ‘n groot impak hê op landbou-uitvoere na Europa. Soos dit tans staan sal die regulasies vanaf einde Desember vanjaar, en 30 Junie volgende jaar vir mikro-besighede, in werking tree. Die Europese Kommissie het reeds uitstel van die sperdatum met ‘n jaar voorgestel, maar Namibiese entiteite berei in elk geval voor die inwerkingtreding. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Anja Boshoff van die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad, wat sê hulle hoop steeds vir ‘n uitstel.