Ons belê nie genoeg in ontwikkeling en navorsing nie

Beleggings in navorsing en ontwikkeling in die land is steeds laag, met net sowat 0,73 persent van die BBP wat daaraan bestee word. Die standaard is uitgawes van 1 persent van BBP. Namibië se ekonomie word op 248 miljard Namibiese dollar gewaardeer. ‘n 1 persent belegging in navorsing en ontwikkeling moet dus 2,48 miljard dollar beloop, maar slegs 1,81 miljard dollar is in 2021 tot 2022 hieraan bestee. Kosmos 94. 1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat, wat sê daar word nie verstaan wat gedoen moet word om die bevolking te help nie.