Onreëlmatighede in studentehulpskema ontbloot

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in die buurland se raad het besluit om kontrakte met vier regstreekse-betalingdiensverskaffers te beëindig, voorsieningsketting-bestuursbeleide te hersien en die beëindiging van die uitvoerende hoof, Andile Nongogo, se kontrak te oorweeg. Die raad het op ‘n nuuskonferensie die uitslag van sy ondersoek na die aanstelling van diensverskaffers bekend gemaak. Daar is onreëlmatighede ontbloot, soos Nongogo se betrokkenheid by hulle aanstelling, wat tot botsende belange gelei het. Die raad se voorsitter, Ernest Khosa, het die gebrek aan ‘n uitvoerbaarheidstudie en veranderings aan bodspesifikasies ook genoem.