Onoorwonne Griekwas as SA Beker-kampioene gekroon

Rugby: Die Griekwas het ‘n perfekte veldtog afgesluit deur die SA Beker in te palm – hulle eerste trofee in tien jaar. Hulle het hulle aartsvyande, die Pumas, met 46-24 in Kimberley geklop. Pieter Bergh se span het van die begin af voorgeloop en was teen die 25ste minuut reeds met 29-0 voor. Hulle het die voorsprong behou in ‘n onvergeetlike eindstryd voor ‘n groot skare op hulle tuisveld, en die wedstryd van die taai Pumas van Mpumalanga weggeraap.