Onmiddelike maatreëls teen longsiekte-uitbraak ingestel
Die Direktoraat Veeartsenydienste het ‘n uitbreking van longsiekte aangekondig wat op 1 Julie by Okapundja-dorpie naby Opuwo opgespoor is. Die direktoraat het beheermaatreëls met onmiddellike effek ingestel. Beweging van lewende beeste binne en uit Opuwo kiesafdeling word verbied, behalwe vir beeste wat bestem is vir direkte slag binne 48 uur, onder veeartsenykundige toesig. Beeslongweefsel van geslagte beeste binne en uit Opuwo kiesafdeling word nie toegelaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landbou-ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat meer inligting gee.
Musheko gee meer insig oor die maatreëls.