Onmenslike toestande vir lewende hawe skepe onaanvaarbaar: DA

Die ontstellende toestand waarin 19 000 beeste op die Al Kuwait-skip vervoer word, is uiters kommerwekkend. Die vaartuig, wat tans in die Kaapstadse hawe vasgemeer is, het die afgelope agt dae van Brasilië af gevaar voordat dit uit nood in die Kaap aangedoen het. Die Dierebeskermingsvereniging se nasionale raad ondersoek die diere se welstand. Noko Masipa van die DA sê hierdie situasie bevestig dat die uitvoer van lewende hawe diere aan haglike omstandighede blootstel.