Onkunde en verkeerde stelsels kniehalter plaaslike owerhede


Die reuse-skuld wat plaaslike owerhede by die regering opgehoop het is weer in die nuus. Die owerhede skuld ‘n gesamentlike 133,8 miljoen Namibiese dollar met opgeloopte rente as gevolg van wanbetaling van 1990 tot 2010. Die regering is nie van plan om hierdie skuld af te skryf nie, het finansminister Ipumbu Shiimi verlede jaar gesê. Kosmos 94.1 Nuus het met die ouditeur-generaal Junias Kandjeke gepraat oor wat die oplossings is om bevoegde oudits by plaaslike owerhede te hê.