Onklaar brandbestrydingsvoertuig stop Lüderitz-vlugte

FlyNamibia betreur die onverwagte kansellasie vandag van sy geskeduleerde vlugte na en van die Lüderitz-lughawe. Dit is as gevolg van ‘n onvoorsiene meganiese probleem met die brandbestrydingsvoertuig wat deur die Namibië Lughawensmaatskappy bedryf word, wat noodsaaklik is om passasiersveiligheid tydens lughawebedrywighede te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder gepraat, wat sê hulle werk aan die probleem.