Ongwediva Handelskou amptelik geloods

Die Ongwediva Handelskou sal vanjaar van 25 Augustus tot 2 September plaasvind. Die belangrikheid van die skou vir die Noorde se ekonomie kan nie oorbeklemtoon word nie. Die geleentheid is uiters gewild en lok ook talle internasionale uitstallers. Die handelsminister Lucia Iipumbu het die handelskou vandag amptelik van stapel gestuur. Sy sê die vryhandelooreenkoms maak die geleentheid nog belangriker.