Ongos Valley-sewes vandag

Die Namibiese Rugby-unie bied vandag die Ongos Vally-sewesreeks by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad aan. Daar is twee groepe met wedstryde wat net na nege-uur vanoggend afskop. In groep A is Western Suburbs, Wanderers, Rehoboth, Reho Falcon, Karas All Stars en Erongo All Stars. Groep B het United, Unam, Kudus, Grootfontein en Dolphin. Die twee semi-finale sal om twintig-voor sewe en sewe-uur namiddag begin met die finaal om agt-uur.