Amasone-rivierskilpaaie vrygelaat

In die Peruaanse Amasone het ‘n lang hittegolf en droogte die inkubasietydperk verkort vir duisende skilpaaie wat deur bioloë in die rivier vrygelaat is as deel van ‘n plaaslike omgewingsprogram.

Ongeveer 3 200 geelgevlekte Amasone-rivierskilpaaie, plaaslik bekend as taricayas, is vrygelaat as deel van ‘n plan om die spesie, wat deur jag bedreig word, te hervestig.

Die klein broeisels is versigtig in houers tot by die oewer van die rivier gedra en toe met die hulp van plaaslike kinders vrygelaat.

Foto River turtles REUTERS/Alfredo Galarza