Ongeveer 2,55 miljoen Namibiërs sonder mediese dekking

Meer as 85 persent van die Namibiese bevolking het nie mediese dekking nie en maak staat op openbare gesondheidstelsels. Die land het net meer as 3 miljoen mense dus maak 2,55 miljoen mense staat op 322 klinieke, 56 gesondheidsentrums, 34 distrikshospitale, een verwysingshospitaal, vier intermediêre hospitale en 1 150 uitreikpunte. Volgens die minister, dr. Kalumbi Shangula is die gesondheidsinfrastruktuur geskep op 1,4 miljoen mense te akkommodeer maar vordering is gemaak, veral tydens die pandemie. Die gesondheidstelsel loop gereeld deur onder kritiek en moet ook talle skadevergoedingsake in die hoërhof verdedig.