Ongeluksvoël Maxwell val van gholfkarretjie af

Krieket: Die Australiese veelsydige speler, Glenn Maxwell, sal Saterdag se Wêreldbeker-groepwedstryd teen Engeland in Ahmedabad misloop nadat hy van ‘n gholfkarretjie afgeval het. Die voorval het Maandag gebeur terwyl hy in Gujarat gholf gespeel het. E-S-P-N-CricInfo berig Krieket Australië se harsingskuddings-protokol bepaal Maxwell se toestand moet vir die volgende paar dae gemonitor word. Die hoofafrigter, Andrew McDonald, verwag die speler sal ten volle herstel. Maxwell het ook ‘n jaar gelede sy been gebreek in ‘n fratsongeluk tydens ‘n verjaardagpartytjie in Melbourne.