Ongeluk in Vrystaat eis sewe lewens, 40 beseer
Sewe mense is dood en meer as 40 beseer toe ‘n City to City-bus en ‘n vragmotor reg van voor gebots het op die N6 tussen Rouxville en Smithfield in die Vrystaat. Vyf van die slagoffers is op die toneel dood en nog twee het later aan hul beserings beswyk. Die provinsiale nooddienste is in die vroeë oggendure ontbied. Die woordvoerder, Sipho Towa, sê die vragmotor was op pad vanaf die Oos-Kaap en die bus was onderweg vanaf die Vrystaat na die Oos-Kaap.