Onenigheid op Walvis is RedForce se skuld

‘n Raadsvergadering van die Walvisbaai munisipaliteit het verlede week in chaos uitgebars en van die raadslede het uitgestap. Die kwessie was, onder andere, die aanstelling van David Uushona as die waarnemende uitvoerende hoof, met Swapo- en LPM-raadslede wat voortdurend die wettigheid daarvan wil aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met raadslid Ryan Gordon van die Walvisbaai munisipaliteit, wat die RedForce-sage die skuld gee vir onenigheid in die munisipaliteit.