Onduidelikheid oor skorsing van Mashatile se 8 BBP-manne

Die Nasionale Polisiekommissaris van die buurland, Fannie Masemola, het onsekerheid uitgespreek oor die huidige werkstatus van die agt geskorste BBP-beskermingsbeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile. Hulle is reeds drie maande lank geskors, nadat hulle na bewering in ‘n video betrap is waar hulle drie Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede, wat in opleiding is, op die N1-hoofweg in Johannesburg aanrand. Masemola sê beamptes word na 60 dae se skorsing toegelaat om terug te keer werk toe, maar word in ander posisies gebruik. Hy sê hy kan nie bevestig of die beamptes hulle pligte hervat het nie.