Onduidelik wat met Amushelelo se bates-saak gaan gebeur

Die saak waar die aanklaer-generaal Martha Imalwa Michael Amushelelo se bates teiken vir beslaglegging, sal vandag voor regter Ramon Maasdorp voorkom. Die hof het beveel dat Amushelelo, wat in aanhouding op Seeis is op onverwante arbeidsonrus-klagte, voor die hof gebring moet word. Die staat het reeds sy finale betoë ingedien maar, Amushelelo se regsman, Sisa Namandje het onttrek as regsverteenwoordiger op rekord. Imalwa wil bevele vir agt luukse voertuie sowel as 13 verskillende bankrekenings bekom. Die aansoek handel oor die vermeende geldwassery waarvoor hy aangekla is, wat steeds in die hoërhof draai. Amushelelo staan die aansoek teen. Sy laerhof-prokureur Kadhila Amoomo het bevestig dat die landdroshof vandag verhoordatums vir sy arbeidsonrus-saak, in verband met die mislukte betoging op Onafhanklikheidsdag, sal bepaal. Dit is ook steeds nie bekend of Imalwa sy drie sake in dié verband sal saamvoeg nie.