Onderwysministerie skort pre-primêre, graad 1 tot 3 poste op
Die onderwysministerie het alle pre-primêre en graad 1 tot 3 onderwysposte opgeskort, na wydverspreide kommer onder opvoeders en belanghebbendes oor die vereistes. Die onderwysposte wat in Omsendbrief 3 van 2019 geadverteer is, het veeleisende voorvereistes vir onderwysers in die junior primêre fases by staatskole gehad. Dit was oorspronklik bedoel om standaarde te verhoog en gehalte-onderwyslewering op grondliggende vlakke te verseker. Uitvoerende Direkteur Sanet Steenkamp sê in ‘n kennisgewing die opskorting is te wyte aan die stig van ‘n Bestuurskomitee wat sal toesig hou oor die konsultasieproses vir die hersiening van die vereistes, geskeduleer vir 15 en 16 Julie.