Onderwysministerie ondersoek kontrak-skeidingsbetalings
Kontrakonderwysers in die Khomas-streek kla dat hulle nog nie hul skeidingsbetalings ontvang het nie, terwyl hul kontrakte op 31 Desember 2023 geëindig het. Hulle sê anders as hul eweknieë in die Oshikoto-streek wat in Januarie betaal is, wag hulle steeds op hul betalings. Die onderwysers het ‘n beroep op die uitvoerende direkteur van onderwys gedoen om die kwessie te ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê as dit waar is, is dit kommerwekkend.