Onderwysminister kom onder skoot in NV oor swak uitslae

Ná die swak eksamenuitslae van die graad 11-leerders, het die onderwysminister, Anna Nghipondoka, vandag onder skoot gekom in die Nasionale Vergaring. Die minister moes bontstaan vir vrae van die Popular Democratic Movement se parlementslede, onder wie Elma Dienda. Sy het aan die minister gevra om die uitdagings in die onderwysstelsel te verduidelik, veral die deel oor inligtingstegnologie waar dit blyk die ministerie met geriewe en toerusting sukkel. Die onderwysminister het so geantwoord…