Onderwysers kort dringend krisis-bystand
‘n Studie deur die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en die Noordwes Universiteit het aan die lig gebring duisende onderwysers wat ondervra is, benodig krisis-blitslyne, berading en mentorskapprogramme om die stres van klaskamers te kan hanteer. Dit volg ná onthullings oor gespanne onderwysers wat 18 uit 32 beddens beset by ‘n Gautengse welstandsentrum. Die studie dui aan bykomende pligte en ‘n geestesgesondheidstryd dra verder by tot onderwyser-uitbranding, met 56-persent wat geestesgesondheidingryping vra.