Onderwyseres in klaskamer op Rundu beroof

’n Graad 4-onderwyseres is glo deur twee mans aangeval terwyl sy besig was om klas by die Rudolf Ngondo Primêre Skool op Rundu te gee. Die onderwyser, as deel is van ‘n sport-organiseringspan, het glo vroeër vandag ‘n bedrag van sowat 15 200 Namibiese dollar by ‘n plaaslike bank onttrek vir ‘n sportgeleentheid in die streek. Die verdagte het die klaskamer ingegaan en die onderwyser se handsak, waarin die kontant en dokumente was, gegryp. Na bewering het die verdagte oor die skoolheining gespring en in ‘n silwer Polo-sedan geklim waarin ‘n bestuurder gewag en weggejaag het. Geskokte leerders by die skool is vroeg huis toe laat gaan.