Onderwyser vas in een van vier verkragtings die naweek

Die Namibiese polisie het vier gevalle van verkragting die naweek aangemeld. Op Rundu is ‘n onderwyser van die Rundu SP-skool gearresteer na hy ‘n 19-jarige meisie ‘n saamry geleentheid aangebied het en haar vermoedelik verkrag het. Op Aminuis is ‘n meisie in die koshuis van Rietquelle Hoërskool deur een van die skoolseuns, wat toegang tot die koshuis gekry het verkrag. Die verdagte het aan die polisie gesê hy was onder die indruk dat dit sy meisie se bed was. ‘n Vrou is in Oshakati verkrag en op Grootfontein is ‘n 19-jarige meisie deur ‘n Angolees verkrag.