Onderwysbeampte wat met buffelvleis gevang is, was in owerhede se visier
Die onderwysbeampte wat verlede week gevang is met twee jaggewere en buffelvleis in ‘n regeringsvoertuig sal weer op 28 Januarie in die hof verskyn. Die 46-jarige Elvis Liwakala is borg van 20 000 Namibiese dollar toegestaan. Plaaslike media berig dat Morgan Saisai, die beheerbewaarder van Wildlewe Beskermingsdienste in die Zambezi-streek sê hulle is ‘n lang tyd op Liwakala se spoor. Hy is vasgetrek naby die Liambezi-meer na hulle hom moes injaag toe hy gevlug het. ‘n Tent is ook in sy voertuig gevind.