Onderwys-sertifikate verskaf nie werk: Sadou

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê jongmense word deur hoë vlakke van werkloosheid, armoede en geweld gekonfronteer. Die hoofsekretaris van Sadou, Mugwena Maluleke, sê hoewel sommige jeugdiges onderwysgeleenthede benut en by hoër onderwysinstellings studeer, open hulle sertifikate nie deure vir werk vir hulle nie. Maluleke sê jongmense het bitter min of geen bronne om werksgeleenthede vir hulleself te skep nie.