Onderwys reageer op drie verkragtingslagoffers by een skool

Drie verskillende verkragtingsake is onlangs binne sewe dae in die Kavango-Wes-streek aangemeld. Twee van die beweerde voorvalle het in Mururani plaasgevind, terwyl die polisie ook ‘n klagte van verkragting van ‘n minderjarige by Gcugcuma-dorpie, naby Mururani ondersoek. Tienderjariges was betrokke by twee van die gevalle en al drie slagoffers is leerders by die Mururani Gekombineerde Skool. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, sê hulle is bekommerd.