Onderwys onder die loep in SA met Menseregtedag-herdenking

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ‘n beroep op die ANC-regering om alle studente die reg van toegang tot onderrrig te gee, selfs al het hulle uitstaande skuld. Sy oproep val saam met die viering vandag van Menseregtedag in die buurland. Talle studente staar ‘n bleek toekoms in die gesig weens skuld wat oor ‘n aantal jare opgehoop het. Makaneta dit maak nie sin dat iemand wat ‘n jaar oor het om ‘n graad te voltooi, skielik weer in die lang tou van werkloses moet gaan staan nie: