Onderwys: Nanso sê nog skole is dringend nodig

Die Namibiese studente-organisasie Nanso sê dat veral na sy besoek aan die Kavango Oos-streek, staar onderwys groot uitdagings in die gesig, veral met beskikbare skole sowel as die leerder-onderwys verhouding. In Kavango Oos is daar tot 60 leerders in een klas. Die organisasie se woordvoerder Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.