Onderwys kan nie spog met leerders se veerkragtigheid nie – EFFJanuary 20, 2023

Die EFF sê die prestasie van die 2022-matriekklas met ‘n slaagsyfer van 80,1 persent te midde van swak dienslewering is prysenswaardig. Die Vrystaat het die hoogste slaagsyfer, naamlik 88,5 persent. Die EFF sê die Departement van Basiese Onderwys is die laaste sektor in die samelewing wat kan spog met die jeug se veerkragtigheid, moed en uithouvermoë. Die party sê die departement het leerders grootliks ontneem van ‘n omgewing wat geskik is vir leer en onderrig.