Onderwys het kommer oor ontvoerings in SA

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys versoek ouers in die buurland om meer oplettend te wees wanneer hulle kinders by die skool afgelaai word. Verlede week het ‘n 18-jaar-oue meisie naelskraap aan ‘n ontvoering ontkom en ‘n graad-vyf leerder word steeds vermis nadat sy buite haar skool in Mayfair in Johannesburg ontvoer is. Die department se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die departement is baie bekommerd oor die situasie.

Mhlanga sê ook 287 000 mense is in bykomende hoedanigheid by skole ontplooi.