Onderwys-aktivis vra SA-regering oor meisies in Afghanistan

Nog Suid-Afrikaanse nuus is dat ‘n onderwys-aktivis Hendrick Makaneta die ministerie van Justisie en Korrektiewe Dienste aanmoedig om Afghanistan voor die Internasionale Geregshof te daag omdat die land meisies verbied om skool by te woon. Makaneta betoog Suid-Afrika behoort te veg vir inklusiewe onderwys in Afghanistan. Hy wil regstappe teen Afghaanse owerhede instel.