Onderwys: 43 aanbevelings word 10

Tydens die 2022 Onderwyskonferensie het die onderwys-ministerie kritieke uitdagings geïdentifiseer en beste praktyke uitgestippel om die stelsel te transformeer. Daarna is 43 aanbevelings vir oorweging deur die regering aanvaar, wat toe deur die ministerie tot 10 verminder is, insluitend ‘n aanbeveling om die kurrikulum te verander. Die onderwys-minister, Anna Nghipondoka, het die publiek herinner aan die aanbevelings wat die ministerie se powere prestasie behoort te verander, met die akademiese jaar wat vandag in volle swang is.