Ondersteuning aan Oekraïne bly onveranderd na Boris bedank – Biden

Amerika se president, Joe Biden, sê hy sien daarna uit om Amerika se noue samewerking met die Verenigde Koninkryk se regering voort te sit. Dit volg na die bedanking van die eerste minister, Boris Johnson. Biden het in sy verklaring glad nie na Johnson of sy nalatenskap verwys nie, maar die volgehoue, sterk en spesiale verhouding tussen Amerika en die Verenigde Koninkryk geprys. Ondersteuning aan die Oekraïne is ook onveranderd. Die woordvoerder van die Withuis, Karine Jean-Pierre…

Intussen het die Europese Parlement se voormalige Brexit-sameroeper, Guy Verhofstadt, gesê die verhouding tussen die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk het groot skade gely weens Johnson se Brexit-keuse.