Ondersteun Palliatiewe Sorgfonds, dis belangrik

Palliatiewe Sorg Namibië, ‘n afdeling van die Kankervereniging van Namibië, het onlangs die Palliatiewe Sorgfonds geloods om finansiële bystand te verleen aan pasiënte wat sukkel om toegang tot noodsaaklike palliatiewe en hospiesdienste te verkry. Volgens die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, is die fonds ontwerp om te voldoen aan die groeiende vraag na verpleegsorg, pynstillers soos morfien en ander noodsaaklike voorrade, soos doeke vir volwassenes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die oud-minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, wat die belangrikheid van hierdie inisiatief beklemtoon.