Onderstepoort belowe 90 000 perdesiekte-entstowwe
Die DA in Gauteng sê die hoofbestuurder van Onderstepoort Biologiese Produkte het hom daartoe verbind om teen die einde van die maand te voldoen aan hul teiken om jaarliks 90 000 eenhede entstof teen Afrika-perdesiekte te lewer. Luvuyo Mabombo het die onderneming uitgespreek op ‘n onlangse openbare geleentheid wat die DA gereël het oor die groot tekort aan entstof teen die siekte. Bronwyn Engelbrecht van die party sê hulle verwelkom Mabombo se voorneme om enige beskikbare entstof te bekom om die tekort te verlig: