Ondersoeke oor afpersing in boubedryf in Kaapstad
Die DA in die Wes-Kaap sê daar is tans agt ondersoeke na sake van afpersing wat verband hou met die boubedryf in die Stad Kaapstad. Hierdie ondersoeke sluit in, vier sake in Mannenberg, een saak in Delft, een saak in Milnerton en twee sake in Gugulethu. Die DA-lid, Anton van Zyl, sê die sake gaan hoofsaaklik oor die onwettige verskaffing van boumateriaal, skendings van terreinsekerheid, slopings en dade van intimidasie.