Ondersoek wanadministrasie in Knysna: ActionSA

ActionSA in die Wes-Kaap het aan die Openbare Beskermer geskryf om ‘n dringende ondersoek na wanadministrasie binne die Knysna Plaaslike Munisipaliteit aan te vra. Die party se versoek het betrekking op moontlike wangedrag deur die munisipale bestuurder, Ombali Sebola, en raadslede verbonde aan die regerende koalisie oor die beweerde misbruik van openbare fondse. Julie Seton van ActionSA sê die provinsiale regering kon ongelukkig nie daarin slaag om Knysna onder administrasie te plaas nie, en dit beteken die wangedrag duur onverpoosd voort.