Ondersoek voedselvergiftiging-voorvalle, sê Rise Mzansi

Rise Mzansi dring aan op ‘n doelgerigte, multi-dissiplinêre ondersoek ná die onlangse toename in gevalle van beweerde voedselvergiftiging, wat tot verskeie tragiese sterftes en die hospitalisering van leerders gelei het. Rise Mzansi se woordvoerder Gugu Ndima, beweer die voorvalle, insluitend een waar 25 leerders van die Laerskool Mshuluzane Mayisela in Bronkhorstspruit in die hospitaal beland het, vind té gereeld plaas om afgemaak te word as geïsoleerde voorvalle wat veroorsaak is deur kos wat verval het.