Ondersoek na vermiste Robby Michael staan stil
Daar is geen nuwe leidrade in verband met die verdwyning van Robby Michael, 53, by Myl 72 nie. Hy is op 10 September as vermis aangemeld na hy gaan visvang het. Sy voertuig is in die see gevind, erg beskadig. Daar is talle gerugte oor ‘n jaagtog deur Hentiesbaai se strate Saterdagaand en dat hy beroof is maar die polisie in die Erongo-streek sê geen antwoorde is op die lyn van ondersoeke ontvang nie. Daar is gerugte dat hy moontlik verdrink het maar, die polisie wou nie daarop kommentaar lewer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.