Ondersoek na skietery tydens selfoonroof duur voort
Die polisie in Erongo het bevestig dat ‘n 54-jarige man op Walvisbaai in hegtenis geneem is nadat hy ‘n 25-jarige man doodgeskiet het. Volgens die mag, het die verdagte die man geskiet na hy en vier makkers, ‘n ander man van sy selfoon beroof het. Die verdagte het agter die groep van vyf gehardloop en het twee skote afgevuur, een as waarskuwingskoot en die ander een wat die 25-jarige in die kop getref het. Die polisie sê die ander vier het gevlug maar die selfoon is teruggevind. Dit is nie bekend wanneer en of, die verdagte voor die hof gebring sal word nie, en die polisie sê die ondersoek duur voort.