Ondersoek na betaalde, geskorste staatsamptenare in SA geloods

Die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Inkosi Buthelezi, het met ‘n ouditproses begin om vas te stel hoeveel geskorste staatsamptenare ontvang steeds hulle volle salarisse. Die Staatsdienskommissie beraam die koste op 240-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Buthelezi het in die wandelgange van die eerste vergadering van die Suider-Afrika-Ontwikkelingsgemeenskap se Openbare Dienskommissie van Voorsitters in Kaapstad gevra vir doeltreffendheid en aanspreeklikheid.