Ondersoek hele Werkloosheidsversekeringsfonds: Cosatu
Cosatu sê terwyl die Werkloosheidsversekeringsfonds se kommissaris, Teboho Maruping, op verlof geplaas is om verdere ondersoeke na die berugte Thuja Capital-skandaal, ter waarde van 5-miljard-rand, toe te laat, strek die uitdagings by die fonds veel dieper as ‘n enkele verdagte transaksie. Die woordvoerder, Matthew Parks, sê werkgewers sukkel om hul werknemers aanlyn te registreer, en verder sukkel werkers om eise in te dien en geld te ontvang.