Ondersoek gelas na selfmoord by Poly Heights

Die Namibiese polisie sê ‘n ondersoek is gelas na ‘n onbekende man omstreeks half-ses Donderdagmiddag van ‘n onbekende verdieping van Nust se Poly Heights-woonstelgebou in Windhoek gespring het. Die Namibiese polisie sê daar word beweer dat ‘n veiligheidswag op die perseel ‘n harde geluid gehoor het en met ondersoek die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man op die grond ontdek het. Dit is nog nie bevestig of hy ‘n student was nie. Geen identifikasiedokumente is op die oorledene gevind nie. Die universiteit werk saam met die polisie in die ondersoek. Meer as 1 540 Namibiërs het selfmoord tussen 1 April 2020 en 31 Maart 2023 gepleeg.