Ondersoek gelas na bendelid ‘sommer net so’ oorgeplaas word
Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het ingegryp in die oorplasing van die bendeleier van die 28’s-tronkbende, George ‘Geweld’ Thomas, na die Helderstroom-gevangenis. Dit volg nadat gemeenskapsleiers hulle kommer uitgespreek het oor die hoё risiko wat sy teenwoordigheid vir Wes-Kaapse gemeenskappe inhou. Thomas is nou verwys na ‘n alternatiewe maksimum-sekerheid-gevangenis terwyl die Departement van Korrektiewe Dienste die onreëlmatige oorplasing ondersoek. Groenewald het ook met die Cape Crime Crisis Coalition vergader om ingrypings te bespreek om bendeverwante geweld in gemeenskappe wat geraak word, te bespreek.