Ondersoek aan die gang nadat vrou deur honde verskeur is
Die polisie in Mpumalanga het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen na die dood van ‘n 65-jarige vrou wat deur honde verskeur is. Die polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê Tryphinah Elizabeth Mngomezulu se liggaam is deur haar werkgewers by ‘n adres waar sy as huishulp gewerk het, gevind. Voorlopige ondersoeke dui aan sy is deur ses honde aangeval terwyl haar werkgewers nie tuis was nie. Volgens die polisie het die Vereniging vir die Voorkoming van Dieremishandeling die honde ná die aanval uitgesit.